EKSODUS 7:4
EKSODUS 7:4 Bybel vir almal (ABA)
Die farao sal nie na julle luister nie. Dan sal Ek die Egiptenaars swaar straf en Ek sal my volk, die Israeliete, uit Egipte bring.
EKSODUS 7:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar Farao sal na julle nie luister nie; en Ek sal my hand op Egipte lê en my leërskare, my volk, die kinders van Israel, deur groot strafgerigte uit Egipteland uitlei.
EKSODUS 7:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy sal wel nie na julle luister nie, maar dan sal Ek Egipte my mag laat ervaar: met groot reddingsdade sal Ek die stamme van my volk Israel uit Egipte bevry.
EKSODUS 7:4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die farao sal nie na julle luister nie, en Ek sal my hand met geweldige oordele op Egipte lê en my leërafdelings, my volk, die Israeliete, uit Egipteland lei.
EKSODUS 7:4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar Farao sal na julle nie luister nie, dat Ek my hand op Egipte kan lê en my leërs en my volk, die kinders van Israel, uit Egipteland kan uitlei deur groot oordele.