EKSODUS 7:19
EKSODUS 7:19 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het ook vir Moses gesê: “Sê vir Aäron: ‘Vat jou kierie en steek jou hand uit oor die Egiptenaars se water, oor al die plekke waar daar water is. Die water sal in bloed verander. Al die water in Egipte sal bloed wees, ook die water in die houtbakke en die water in die klipbakke.’ ”
EKSODUS 7:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Verder het die HERE met Moses gespreek: Sê vir Aäron: Neem jou staf en steek jou hand uit oor die waters van die Egiptenaars, oor hulle strome, hulle kanale, hulle waterkuile en oor al hulle versamelplekke van water, sodat dit bloed word: daar sal bloed in die hele Egipteland wees, ook in hout — en in klipbakke.
EKSODUS 7:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Verder sê die Here vir Moses: “Sê vir Aäron: Vat jou kierie en swaai dit oor al die water van Egipte, oor sy kanale, riviere, moerasse en damme, dat dit bloed kan word. Daar sal bloed wees in die hele Egipte, selfs in die hout- en klipbakke.”
EKSODUS 7:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Verder het die HERE vir Moses gesê: “Sê vir Aäron, ‘Neem jou staf en strek jou hand uit oor die waters van Egipte, oor hulle riviere, hulle kanale, hulle vleilande en oor al hulle opgaarplekke vir water – dan sal dit bloed word. Daar sal bloed wees in die hele Egipteland, selfs in die hout- en klipbakke.’ ”
EKSODUS 7:19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe het die HERE met Moses gespreek: Sê vir Aäron: Neem jou staf en steek jou hand uit oor die waters van Egipte, oor hulle strome, oor hulle riviere en oor hulle damme en oor al hulle waterpoele, dat hulle kan word bloed; en dat daar bloed mag wees in die hele Egipteland, in houtvoorwerpe sowel as in klipvoorwerpe.
EKSODUS 7:19 Die Boodskap (DB)
Die Here het vir Moses gesê hy moet vir Aäron sê om sy kierie te vat en dit uit te steek na al die plekke waar daar water in Egipte is. Hy moet dit uitsteek na die spruite, na die riviere, na die vleilande en na die damme. Al die water in die land sal dan in bloed verander. Selfs ook die water wat in emmers geskep is en in bakke is, sal in bloed verander.
EKSODUS 7:19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE het ook nog vir Moses gesê: “Sê vir Aäron hy moet sy stok uitsteek in die rigting van al die plekke waar daar in Egipte water is – al sy riviere, sy kanale, sy moerasse en sy opgaarplekke. Oral in Egipte sal die water in bloed verander, selfs die water in houers en kruike in mense se huise.”