EKSODUS 7:1-3
EKSODUS 7:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het vir Moses gesê: “Jou broer Aäron moet alles sê wat jy vir hom sê, soos 'n profeet sê wat God vir hom sê. Jy moet vir jou broer Aäron alles sê wat Ek vir jou sê, en hy moet met die farao praat en vir hom sê hy moet die Israeliete laat gaan uit sy land. Maar Ek sal die farao hardkoppig maak sodat Ek eers baie wonderwerke en tekens in Egipte kan doen.
EKSODUS 7:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN die HERE het aan Moses gesê: Kyk, Ek stel jou as 'n god vir Farao, en jou broer Aäron sal jou profeet wees. Jý moet spreek alles wat Ek jou beveel, en jou broer Aäron moet met Farao spreek, sodat hy die kinders van Israel uit sy land laat uittrek. En Ék sal Farao se hart verhard en my tekens en wonders in Egipteland vermenigvuldig.
EKSODUS 7:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar die Here antwoord hom: “Kyk, Ek gee aan jou gesag oor die farao, en jou broer Aäron sal jou woordvoerder wees. Alles wat Ek jou beveel, moet jy aan jou broer Aäron oordra, en hy moet dit vir die farao vertel sodat hy die Israeliete kan laat trek uit sy land uit. Maar Ek sal die farao hardkoppig maak, sodat Ek baie tekens en wonders in Egipte kan doen.
EKSODUS 7:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE het egter vir Moses gesê: “Kyk, Ek maak jou 'n god vir die farao, en jou broer Aäron sal jou profeet wees. Jy moet alles sê wat Ek jou beveel, en jou broer Aäron moet met die farao praat, dat hy die Israeliete uit sy land laat gaan. Maar Ek sal die farao se hart verhard en my tekens en wondertekens in Egipteland vermeerder.
EKSODUS 7:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê die HERE vir Moses: Kyk, Ek het jou 'n god vir Farao gemaak, en jou broer Aäron sal jou profeet wees. Jy moet alles spreek wat Ek jou beveel; en jou broer Aäron moet met Farao spreek dat hy die kinders van Israel uit sy land uitstuur. En Ek sal Farao se hart verhard en my tekens en my wonders in Egipteland vermenigvuldig.
EKSODUS 7:1-3 Die Boodskap (DB)
Die Here sê toe vir Moses: “Let op, Ek gaan jou soos ’n god vir die farao maak. Jou broer Aäron sal soos iemand maak wat God se boodskap vir mense bring. Hy sal jou woorde vir die farao gaan oordra. Alles wat Ek jou beveel het, moet jy vir jou broer Aäron sê. Hy kan dit weer vir die farao sê sodat hy die Israeliete uit sy land kan wegstuur. Maar Ek gaan die farao hardkoppig maak. Ek sal dan baie goeie rede hê om tekens en wonders in Egipte te doen.
EKSODUS 7:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar die HERE het vir Moses gesê: “Let op, Ek sal jou soos ’n god laat wees teenoor die farao. Jou broer, Aäron, sal jou boodskapdraer wees. Hy sal jou woorde aan die farao oordra. Jy moet vir jou broer, Aäron, alles herhaal wat Ek vir jou sê. Hy moet dit dan weer vir die farao gaan sê. Hy sal eis dat die Israeliete uit Egipte trek. Ek sal egter die farao hardkoppig maak sodat Ek nog meer tekens en wonders in Egipte kan doen.