EKSODUS 6:17-19
EKSODUS 6:17-19 Bybel vir almal (ABA)
Kehat se seuns was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël. Kehat het 133 jaar oud geword. Merari se seuns was Magli en Musi. Dit was Levi se nageslag. Amram het getrou met Jogebed, sy tante, en hulle het twee seuns gehad: Aäron en Moses. Amram het 137 jaar oud geword.
EKSODUS 6:17-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die seuns van Kehat: Amram en Jishar en Hebron en Ússiël; en die lewensjare van Kehat was honderd-drie-en-dertig jaar. En die seuns van Merári: Magli en Musi. Dit is die geslagte van Levi volgens hulle afstamming. En Amram het Jogébed, sy tante, vir hom as vrou geneem, en sy het vir hom Aäron en Moses gebaar. En die lewensjare van Amram was honderd-sewen-en-dertig jaar.
EKSODUS 6:17-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die seuns van Kehat was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël. Kehat het honderd drie en dertig jaar oud geword. Die seuns van Merari was Magli en Musi. Dit was dan volgens die geslagsregisters die familiehoofde van die stam Levi. Amram het met Jogebed, 'n tante van hom, getrou, en hulle seuns was Aäron en Moses. Amram het honderd sewe en dertig jaar oud geword.
EKSODUS 6:17-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die seuns van Kehat was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël. Kehat het honderd drie-en-dertig jaar lank geleef. Die seuns van Merari was Magli en Musi. Dit was die familiegroepe van Levi, volgens hulle familieregister. Amram het Jogebed, sy vader se suster, vir hom as vrou geneem, en sy het vir hom Aäron en Moses in die wêreld gebring. Amram het honderd sewe-en-dertig jaar lank geleef.
EKSODUS 6:17-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die seuns van Gerson; Libni en Simi volgens hulle geslagte. En die seuns van Kehat; Amram en Jishar en Hebron en Ussiël; en die lewensjare van Kehat was honderd drie en dertig jaar. En die seuns van Merári; Mahali en Musi: dit is die geslagte van Levi volgens hulle geslagte.
EKSODUS 6:17-19 Die Boodskap (DB)
Kehat se seuns was: Amram en Jishar en Hebron en Ussiël. Kehat self het 133 jaar oud geword. Merari se seuns was Magli en Musi. Al die afstammelinge van Levi het aan hierdie familiegroepe behoort. Amram het met Jogebed getrou. Sy was sy pa se suster, dit wil sê sy tannie. Hulle het twee seuns gehad: Aäron en Moses. Amram het 137 jaar oud geword.
EKSODUS 6:17-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Gerson se seuns was Libni en Simi. Elkeen was die hoof van ’n stam. Onder Kehat se nageslag was daar: Amram, Jishar, Hebron en Ussiël. (Kehat het 133 jaar oud geword.) Merari se seuns was Magli en Musi. Al hierdie mense, wat volgens hulle afstamming opgenoem is, het aan Levi se stam behoort.