EKSODUS 6:17 - Compare All Versions

EKSODUS 6:17 ABA (Bybel vir almal)

Kehat se seuns was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël. Kehat het 133 jaar oud geword.

EKSODUS 6:17 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En die seuns van Kehat: Amram en Jishar en Hebron en Ússiël; en die lewensjare van Kehat was honderd-drie-en-dertig jaar.

EKSODUS 6:17 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die seuns van Kehat was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël. Kehat het honderd drie en dertig jaar oud geword.

EKSODUS 6:17 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die seuns van Kehat was Amram, Jishar, Hebron en Ussiël. Kehat het honderd drie-en-dertig jaar lank geleef.

EKSODUS 6:17 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Die seuns van Gerson; Libni en Simi volgens hulle geslagte.

EKSODUS 6:17 DB (Die Boodskap)

Kehat se seuns was: Amram en Jishar en Hebron en Ussiël. Kehat self het 133 jaar oud geword.

EKSODUS 6:17 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Gerson se seuns was Libni en Simi. Elkeen was die hoof van ’n stam.