YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

EKSODUS 39:43

EKSODUS 39:43 Bybel vir almal (ABA)

Moses het goed na al die werk gekyk. Hy het gesien dat hulle dit gedoen het presies soos die Here gesê het. En Moses het hulle geseën.

Deel
Lees EKSODUS 39

EKSODUS 39:43 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

En Moses het die hele werk bekyk — en hulle het dit gemaak soos die HERE beveel het, so het hulle dit gemaak. Toe het Moses hulle geseën.

Deel
Lees EKSODUS 39

EKSODUS 39:43 Afrikaans 1983 (AFR83)

Moses het al die werk geïnspekteer en gesien dat dit gemaak is soos die Here beveel het. Toe het Moses die vakmanne gelukgewens en bedank.

Deel
Lees EKSODUS 39

EKSODUS 39:43 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Moses het al die werk nagegaan – en inderdaad, hulle het dit gedoen! Soos die HERE opdrag gegee het, so het hulle dit gedoen. Toe het Moses hulle geseën.

Deel
Lees EKSODUS 39

EKSODUS 39:43 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

En Moses het al die werk bekyk, en kyk, hulle het dit gedoen soos die HERE beveel het, so het hulle dit gedoen; en Moses het hulle geseën.

Deel
Lees EKSODUS 39

EKSODUS 39:43 Die Boodskap (DB)

Moses het deeglik na alles gekyk en gesien dat alles presies net so was soos die Here dit wou hê. Hy het toe gebid dat die Here almal wat die tabernakel gebou het, voorspoedig sal maak.

Deel
Lees EKSODUS 39

EKSODUS 39:43 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Moses het alles ondersoek en toegesien dat alles presies net so was soos die HERE beveel het. Daarna het Moses almal geseën.

Deel
Lees EKSODUS 39
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's