EKSODUS 33:9
EKSODUS 33:9 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer Moses by die tent gekom het, dan het 'n wolk afgekom en by die ingang van die tent gebly. Dan het die Here met Moses gepraat.
EKSODUS 33:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En as Moses in die tent ingaan, kom die wolkkolom af en gaan by die ingang van die tent staan, en dan spreek Hy met Moses.
EKSODUS 33:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sodra hy ingaan, het die wolkkolom afgekom en by die ingang van die tent van ontmoeting gaan staan, en dan het die Here met Moses gepraat.
EKSODUS 33:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Telkens wanneer Moses die tent binnegegaan het, het die wolkkolom afgekom en by die ingang van die tent gaan staan. Dan het die HERE met Moses gepraat.
EKSODUS 33:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En terwyl Moses in die tabernakel ingaan, het die wolkkolom neergedaal en by die ingang van die tabernakel gaan staan, en die HERE het met Moses gespreek.