EKSODUS 33:5
EKSODUS 33:5 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het vir Moses gesê: “Sê vir die Israeliete: ‘Julle is 'n hardkoppige volk. As Ek saam met julle gaan, dan sal Ek julle dadelik doodmaak. Haal af al julle juwele. Ek sal besluit wat Ek met julle sal doen.’ ”
EKSODUS 33:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die HERE het naamlik met Moses gespreek: Sê aan die kinders van Israel: Julle is 'n hardnekkige volk; as Ek vir een oomblik in jou midde sou optrek, sou Ek jou vernietig. Maar haal nou jou versiersels van jou af, dan sal Ek weet wat Ek met jou moet doen.
EKSODUS 33:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarop het die Here vir Moses gesê: “Sê vir die Israeliete: Julle is 'n moedswillige volk. As Ek net 'n oomblikkie saam met julle trek, sal Ek julle verdelg. Sit al julle juwele weg. Ek sal later besluit wat Ek met julle gaan doen.”
EKSODUS 33:5 Die Boodskap (DB)
Dit was omdat die Here Moses vir hulle laat sê het: “Julle is te eiewys dat Ek dit vir een oomblik met julle sal kan uithou wanneer Ek saam met julle moet gaan. Haal liewer julle juweliersware af dat Ek kan kyk wat Ek met julle wil doen.”
EKSODUS 33:5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE het dan immers vir Moses beveel om vir die Israeliete te sê: “Julle is ’n eiesinnige volk. As Ek ’n tree verder saam met julle moet trek, gaan Ek julle vernietig. Haal af julle juweliersware. Ek sal kyk wat Ek met julle moet doen.”