EKSODUS 33:16
EKSODUS 33:16 Bybel vir almal (ABA)
Hoe sal ons weet dat U tevrede is met ons, met my en met u volk, as U nie met ons saamgaan nie? Ek en u volk sal weet ons is anders as al die volke op die aarde as U self saam met ons gaan.”
EKSODUS 33:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want waaraan sou dan bekend word dat ek genade in u oë gevind het, ek en u volk? Is dit nie daaraan dat U met ons saamtrek nie? So sal ons, ek en u volk, onderskeie wees van elke volk wat op die aarde is.
EKSODUS 33:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hoe sal die mense weet dat ek en u volk u goedgesindheid geniet as U nie saam met ons gaan nie? Dit is juis deurdat U met ons saamgaan dat ons, ek en u volk, anders is as al die ander volke op die aarde.”
EKSODUS 33:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Waaraan sou mense dan weet dat ek guns gevind het in u oë, ek en u volk? Is dit nie wanneer U met ons saamgaan, dat ons onderskei sal word, ek en u volk, van elke ander volk op die aardbodem nie? ”
EKSODUS 33:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want waarin sal dit hier bekend word dat ek en U volk genade in U oë gevind het? is dit nie daarin dat jy saam met ons gaan nie? so sal ons geskei word, ek en U volk, van al die volke wat op die aarde is.