EKSODUS 32:30
EKSODUS 32:30 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die volgende dag het Moses vir die volk wat oor was, gesê: “Julle het verskriklik oortree. Ek sal egter weer opklim na die HERE toe. Miskien kry ek dit reg dat Hy julle vergewe vir die sonde wat julle gedoen het.”
EKSODUS 32:30 Bybel vir almal (ABA)
Die volgende oggend het Moses vir die volk gesê: “Julle het sonde gedoen, 'n baie groot sonde. Maar ek sal nou na die Here toe gaan en met Hom gaan praat. Miskien sal Hy julle sonde vergewe.”
EKSODUS 32:30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN die volgende dag het Moses aan die volk gesê: Júlle het 'n groot sonde begaan; maar nou sal ek na die HERE opklim: miskien kan ek vir julle sonde versoening doen.
EKSODUS 32:30 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die volgende dag het Moses vir die volk gesê: “Julle het 'n ernstige sonde gedoen, maar ek klim nou na die Here toe op en miskien kry ek by Hom vir julle vergifnis vir julle sonde.”
EKSODUS 32:30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die volgende dag het Moses vir die volk gesê: “Julle het 'n groot sonde gedoen. Daarom moet ek nou na die HERE opklim; miskien kan ek vir julle sonde versoening doen.”
EKSODUS 32:30 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die volgende dag het Moses aan die volk gesê: Julle het 'n groot sonde begaan; en nou sal ek opgaan na die HERE; dalk sal ek versoening doen vir jou sonde.