EKSODUS 32:2
EKSODUS 32:2 Bybel vir almal (ABA)
Aäron sê toe vir hulle: “Haal af die goue ringe wat aan julle vroue, julle seuns en julle dogters se ore is. Bring dit alles vir my.”
EKSODUS 32:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Aäron sê vir hulle: Ruk die goue ringe af wat aan die ore van julle vroue, julle seuns en julle dogters is, en bring dit vir my.
EKSODUS 32:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Aäron het hulle geantwoord: “Haal die goue oorringe van julle vrouens, julle seuns en julle dogters se ore af en bring dit vir my.”
EKSODUS 32:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Aäron sê toe vir hulle: “Ruk die goue ringe af wat aan die ore van julle vroue, seuns en dogters is, en bring dit vir my.”
EKSODUS 32:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê Aäron vir hulle: Breek die goue oorringe af wat in die ore van julle vroue, julle seuns en julle dogters is, en bring dit vir my.