EKSODUS 32:18
EKSODUS 32:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar Moses het gesê: “Dit klink nie na oorwinning nie, dit klink nie na neerlaag nie, wat ek hoor, klink na feesviering.”
EKSODUS 32:18 Bybel vir almal (ABA)
Maar Moses het gesê: “Hulle skree nie soos mense wat gewen het in die oorlog nie. Hulle huil ook nie soos mense wat verloor het nie. Ek hoor hulle sing.”
EKSODUS 32:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar hy antwoord: Dit is nie die geluid van die wat sing van oorwinning nie; dit is ook nie die geluid van die wat sing van neerlaag nie: ek hoor die geluid van beurtgesang.
EKSODUS 32:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar hy het geantwoord: “Dit is nie die klank van liedere ná 'n oorwinning nie, ook nie die klank van liedere ná 'n nederlaag nie; die klank van sang, dit is wat ek hoor.”
EKSODUS 32:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy sê: Dit is nie die stem van die wat oor heerskappy skreeu nie, en dit is nie die stem van die wat roep omdat hulle oorweldig is nie; maar die geluid van die wat sing, hoor ek.