EKSODUS 30:13
EKSODUS 30:13 Bybel vir almal (ABA)
Elkeen vir wie julle tel, moet 'n halwe tempel-sikkel silwer gee. Dit is 'n present vir My.
EKSODUS 30:13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Dit moet hulle gee, elkeen wat na die geteldes oorgaan: 'n halfsikkel volgens die sikkel van die heiligdom — die sikkel is twintig gera — 'n halfsikkel as offergawe aan die HERE.
EKSODUS 30:13 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Elkeen wat kom om getel te word, moet met silwer betaal, ses gram volgens die standaardgewig van die heiligdom. Die ses gram is 'n offergawe vir My, die Here.
EKSODUS 30:13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Dit is wat elkeen moet gee wanneer hy getel is: 'n halwe sikkel volgens die standaardgewig van die heiligdom, – twintig gera is 'n sikkel. Die halwe sikkel is 'n •wydingsgeskenk aan die HERE.
EKSODUS 30:13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Dit moet hulle gee, elkeen wat tussen die geteldes deurgaan, 'n halwe sikkel volgens die sikkel van die heiligdom: 'n sikkel is twintig gera; 'n halwe sikkel moet die offer van die HERE wees.