Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

EKSODUS 3:7 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

EKSODUS 3:7 AFR83 (Afrikaans 1983)

Daarna sê die Here: “Ek het die ellende van my volk in Egipte duidelik gesien en hulle noodkrete oor die slawedrywers gehoor. Ek het hulle lyding ter harte geneem.

EKSODUS 3:7 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En die HERE sê: Ek het duidelik gesien die ellende van my volk wat in Egipte is; en Ek het hulle jammerklagte oor hulle drywers gehoor, ja, Ek ken hulle smarte.

EKSODUS 3:7 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die HERE sê toe vir hom: “Jy kan seker wees dat Ek gesien het hoe swaar my volk in Egipte kry. Ek het gehoor hoe hulle teen hulle slawedrywers om hulp roep. Ek is baie bewus van hoe swaar hulle kry.

EKSODUS 3:7 DB (Die Boodskap)

Die Here het vir hom gesê: “Ek het mooi gesien hoe swaar my volk daar in Egipte kry. Ek het gehoor hoe hulle skree omdat hulle soos slawe gedryf word. Ek het baie duidelik gesien hoe swaar hulle kry.

EKSODUS 3:7 ABA (Bybel vir almal)

Toe sê die Here: “Ek het gesien my volk kry baie swaar in Egipte. Ek het gehoor hulle roep en vra dat Ek hulle moet help teen die mense wat hulle soos slawe laat werk. Ek is baie jammer vir hulle.

EKSODUS 3:7 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die HERE sê toe: “Ek het die ellende van my volk wat in Egipte is, duidelik gesien. Hulle noodkreet oor hulle slawedrywers het Ek gehoor. Ja, Ek ken hulle lyding.

EKSODUS 3:7 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En die HERE het gesê: Ek het sekerlik die ellende gesien van my volk wat in Egipte is, en Ek het hulle geroep gehoor oor hulle amptenare; want Ek ken hulle smarte