EKSODUS 28:28
EKSODUS 28:28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle moet die borstas met sy ringe aan die ringe van die skouerkleed met 'n pers toutjie vasbind, sodat dit bo die band van die skouerkleed is en die borstas nie van die skouerkleed afskuiwe nie.
EKSODUS 28:28 Bybel vir almal (ABA)
Dan moet julle 'n blou woldraad neem en julle moet die ringe van die borssak vasbind aan die ringe van die skouer-kleed. Dan sal die borssak vas wees aan die skouer-kleed.
EKSODUS 28:28 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die ringe van die borssak moet met 'n blou toutjie aan die ringe van die skouerkleed vasgemaak word, net bokant die gordel van die skouerkleed, sodat die borssak nie van die skouerkleed af wegskuif nie.
EKSODUS 28:28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die borstas moet met sy ringe aan die efod se ringe vasgemaak word, met 'n draad pers wol, sodat dit aan die band van die efod kan bly en die borstas nie van die efod af wegskuif nie.
EKSODUS 28:28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle moet die borstas aan sy ringe aan die ringe van die skouerkleed vasbind met 'n pers toutjie, sodat dit bo die skouergordel van die skouerkleed kan wees, en die borstas nie van die skouerkleed losgemaak word nie.