EKSODUS 27:21
EKSODUS 27:21 Bybel vir almal (ABA)
Die kis waarin die tien gebooie moet kom, moet agter die gordyn wees, en die lampe moet voor die gordyn brand, in die tent waar Ek aan julle sal verskyn. Aäron en sy seuns moet die lampe altyd voor die Here laat brand, van die aand tot die volgende oggend. Die priesters moet die lampe altyd laat brand vir julle en julle nageslag.”
EKSODUS 27:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
In die tent van samekoms, buitekant die voorhangsel wat voor die Getuienis is, moet Aäron en sy seuns dit regmaak om te brand van die aand tot die môre voor die aangesig van die HERE. Dit sal 'n ewige insetting wees in hulle geslagte, van die kant van die kinders van Israel.
EKSODUS 27:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
In die tent van ontmoeting, net buite die voorhangsel wat voor die getuienis hang, moet Aäron en sy seuns die lampe van die aand af tot die môre toe voor My laat brand. Dit is 'n voorskrif wat vir altyd geld vir die hele Israel.”
EKSODUS 27:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In die Tent van Ontmoeting, buite die voorhangsel wat voor die Getuienis hang, moet Aäron en sy seuns die kandelaar gereedmaak om van die aand tot die oggend te brand voor die HERE. Dit is 'n vaste verpligting wat van die kant van die Israeliete op die nageslag van Aäron en sy seuns rus. ”
EKSODUS 27:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
In die tent van samekoms, buitekant die voorhangsel wat voor die Getuienis is, moet Aäron en sy seuns dit van aand tot môre voor die aangesig van die HERE beveel: dit moet 'n ewige insetting wees vir hulle geslagte vir die kinders van Israel.
EKSODUS 27:21 Die Boodskap (DB)
Die lampe op die ligstaander in die tent moet dwarsdeur die nag bly brand. Aäron en sy seuns wat saam met hom in die tent werk, moet daarna kyk en sorg dat dit altyd brand in die deel voor die gordyn waaragter die ark met die bewys van die ooreenkoms is. Dit is ’n vaste reël in Israel wat deur elke daaropvolgende geslag gehoorsaam moet word.”
EKSODUS 27:21 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dit moet in die tabernakel net voor die tentafskorting staan. Aäron en sy seuns moet die lampies aan die kandelaar in die tent dwarsdeur die nag voor die Here laat brand. Dit is ’n vaste reël vir Israel. Elke geslag van Israel moet dit doen.”