EKSODUS 23:8 - Compare All Versions

EKSODUS 23:8 ABA (Bybel vir almal)

Mense gee partymaal vir jou 'n present en dan wil hulle hê jy moet sê hulle is reg. Jy mag nie die present neem nie, want dit laat jou verkeerd sien en verkeerd dink. Dan doen jy nie reg aan mense wat onskuldig is nie.

EKSODUS 23:8 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Ook mag jy geen omkoopgeskenk aanneem nie; want die geskenk maak die siendes blind en verdraai die sake van die regverdiges.

EKSODUS 23:8 AFR83 (Afrikaans 1983)

Wanneer jy regspreek, mag jy geen omkoopgeskenk aanneem nie, want dit maak dié wat sien, blind en laat die saak van die onskuldige skeef loop.

EKSODUS 23:8 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Omkoopgeskenke mag jy nie aanvaar nie, want 'n omkoopgeskenk verblind hulle wat kan sien en verdraai die woorde van regverdiges.

EKSODUS 23:8 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En jy mag geen gawe neem nie, want die gawe verblind die wyse en verdraai die woorde van die regverdiges.

EKSODUS 23:8 DB (Die Boodskap)

Jy moenie omkoopgeld aanvaar nie. Omkoopgeld maak ’n mens blind vir die waarheid en verongeluk die saak van die regverdige.

EKSODUS 23:8 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

“Moenie omkoopgeld aanvaar nie, want dit maak jou blind vir die waarheid. Dit verongeluk die saak van die een wat regverdig is.