EKSODUS 23:7 - Compare All Versions
EKSODUS 23:7 ABA (Bybel vir almal)
Jy moenie luister na leuens nie, want dan sal jy miskien 'n onskuldige mens laat doodmaak. Ek, die Here, sal nooit sê 'n skuldige mens is reg nie.
EKSODUS 23:7 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Hou jou ver van valse sake af. En moenie die onskuldige en die wat reg het, ombring nie, want Ek sal die skuldige nie regverdig verklaar nie.
EKSODUS 23:7 AFR83 (Afrikaans 1983)
en moet jy wegbly van leuens sodat jy nie onskuldiges en regverdiges doodmaak nie. Ek, die Here, vind nie 'n skuldige onskuldig nie.
EKSODUS 23:7 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Van vals beskuldigings moet jy wegbly. Die onskuldige en regverdige moet jy nie om die lewe bring nie, want Ek sal 'n skuldige nie regverdig verklaar nie.
EKSODUS 23:7 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Hou jou ver van 'n valse saak; en die onskuldige en regverdiges maak jy nie dood nie, want Ek sal die goddelose nie regverdig nie.
EKSODUS 23:7 DB (Die Boodskap)
Wees baie versigtig dat jy nie in bedrog betrokke raak en onskuldige en regverdige mense deur jou getuienis ter dood veroordeel word nie. Ek, die Here, kan nooit onreg goedpraat nie.
EKSODUS 23:7 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Bly ver weg van bedrog. Moenie ’n onskuldige en eerlike persoon se dood veroorsaak nie. Ek sal nie een wat skuldig is, laat vrykom nie.