EKSODUS 23:5
EKSODUS 23:5 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer jou vyand se donkie val omdat hy te swaar moet dra, en jy sien dit, dan moet jy die donkie help. Jy mag hom nie daar los nie.”
EKSODUS 23:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
As jy jou vyand se esel onder sy pak sien lê, moet jy dit nie onverskillig aan hom oorlaat nie: jy moet dit sekerlik saam met hom aflaai.
EKSODUS 23:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Wanneer jy iemand wat jou haat, se donkie sien lê onder sy vrag, moet jy hom nie sonder hulp los nie; gaan help hom met sy vrag.
EKSODUS 23:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wanneer jy iemand wat jou haat se donkie onder sy vrag sien lê, mag jy dit nie aan hom oorlaat nie. Jy moet hom beslis daarmee help.
EKSODUS 23:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As jy die esel van jou haat onder sy las sien lê en wil nalaat om hom te help, moet jy sekerlik met hom help.