EKSODUS 23:24 - Compare All Versions

EKSODUS 23:24 ABA (Bybel vir almal)

Julle mag nie voor hulle gode buig nie, julle mag nie hulle gode aanbid nie. Julle mag nie dieselfde doen wat daardie mense doen nie. Julle moet hulle klip-pale afbreek en stukkend kap.

EKSODUS 23:24 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Jy mag jou voor hulle gode nie neerbuig en hulle nie dien nie, ook mag jy nie doen na hulle werke nie; maar jy moet hulle heeltemal afbreek en hulle klippilare kort en klein slaan.

EKSODUS 23:24 AFR83 (Afrikaans 1983)

Jy mag nie hulle gode aanbid of dien nie. Jy mag nie daardie nasies se gewoontes oorneem nie. Jy moet hulle klippilare afbreek en stukkend slaan.

EKSODUS 23:24 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Jy mag nie voor hulle gode in aanbidding buig nie en jy mag hulle nie dien nie. Jy mag hulle dade nie nadoen nie, maar jy moet hulle godebeelde heeltemal vernietig en hulle gedenkstene in stukke breek.

EKSODUS 23:24 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Jy mag jou voor hulle gode nie neerbuig en hulle nie dien nie en volgens hulle werke nie doen nie; maar jy moet hulle met die banvloek tref en hulle beelde heeltemal afbreek.

EKSODUS 23:24 DB (Die Boodskap)

Jy mag nooit voor hulle gode buig of hulle aanbid nie. Jy moet God ook nooit op dieselfde manier aanbid as wat hulle hulle gode aanbid nie. Jy moet hulle heidense godsdiens met wortel en tak uitroei. Jy moet die klippilare waar hulle hulle gode aanbid, tot op die grond toe afbreek.

EKSODUS 23:24 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Julle mag nie voor hulle gode kniel om hulle te aanbid nie. Julle moenie maak soos hulle nie. Julle moet hulle afgodsdiens met wortel en tak uitroei. Julle moet ook die klippilare waar hulle aanbid tot op die grond toe afbreek.