EKSODUS 23:18
EKSODUS 23:18 Bybel vir almal (ABA)
“Julle mag nie die bloed van 'n dier wat julle vir My offer, saam met suurdeeg offer nie. Julle mag ook nie die vet van 'n dier wat julle offer, los tot die volgende oggend nie.
EKSODUS 23:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Jy mag die bloed van my offer nie saam met gesuurde brood offer nie. Ook mag die vet van my feesoffer nie tot die môre toe oorbly nie.
EKSODUS 23:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Jy mag nie die bloed van die offerdier offer saam met iets wat suurdeeg in het nie. Die vet van die feesoffer wat jy vir My bring, mag nie tot die volgende oggend oorstaan nie.
EKSODUS 23:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jy mag die bloed van my slagoffers nie offer saam met iets wat suurdeeg bevat nie. Die vet van die •feesoffer aan My mag nie tot die oggend oorstaan nie.
EKSODUS 23:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Jy mag die bloed van my slagoffer nie saam met gesuurde brood bring nie; en die vet van my offer sal tot die môre toe nie oorbly nie.