EKSODUS 21:19
EKSODUS 21:19 Bybel vir almal (ABA)
en later kan opstaan en buite kan rondloop met sy kierie, dan moet julle nie die man doodmaak wat geslaan het nie. Maar hy moet betaal vir die een wat seergekry het, en hy moet ook vir hom sorg totdat hy heeltemal gesond is.
EKSODUS 21:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
as hy weer opstaan en buite met sy stok rondloop, moet hy wat geslaan het, ongestraf bly; net sy tydverlies moet hy vergoed en sorg dat hy heeltemal gesond word.
EKSODUS 21:18-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Wanneer mans aan die stry raak en die een slaan die ander met 'n klip of met die vuis sonder om hom dood te slaan, moet die slaner nie gestraf word nie. As die man wat geslaan is, egter in die bed moet bly en eers later kan opstaan en met 'n kierie buite kan rondloop, moet die slaner hom vergoed vir die tyd wat hy nie kan werk nie en vir hom sorg tot hy behoorlik gesond is.
EKSODUS 21:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
sal die een wat geslaan het, vry wees as die man opstaan en met sy kierie buite rondloop. Hy moet hom net vergoed vir die tyd wat hy sonder verdienste was. Hy moet toesien dat hy ten volle herstel.
EKSODUS 21:19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
As hy weer opstaan en op sy staf wandel, sal hy wat hom geslaan het, vrygespreek word; net hy sal vir die verlies van sy tyd betaal en hom volkome genees.
EKSODUS 21:18-19 Die Boodskap (DB)
“As twee mans aan die baklei raak, kan dit gebeur dat die een die ander een met ’n klip of met sy vuis slaan sodat hy in die bed beland. Dit kan gebeur dat hy nie daarvan doodgaan nie, maar met ’n kruk moet loop as hy weer regkom. As dit gebeur, moet die persoon wat hom geslaan het hom vergoed vir die tyd wat hy siek was en vir hom sorg tot hy weer gesond is.
EKSODUS 21:19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
As die beseerde persoon weer later kan opstaan en buite met ’n kruk rondloop, is die persoon wat hom aangeval het, onskuldig. Die persoon wat hom geslaan het, moet egter vergoed vir die tyd wat hy nie kon werk nie en vir hom sorg tot hy weer gesond is.