EKSODUS 20:4
EKSODUS 20:4-5 Bybel vir almal (ABA)
“Jy mag nie vir jou 'n beeld maak en voor hom buig en hom dien nie, nie 'n beeld wat lyk soos iets bo in die hemel of soos iets onder op die aarde of soos iets in die water onder die aarde nie. Ek is jou God die Here, jy moet net vir My dien. Ek straf die kinders as die pa sonde gedoen het. Ek straf ook sy kleinkinders en agterkleinkinders as hy My haat en ongehoorsaam is aan My.
EKSODUS 20:4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.
EKSODUS 20:4 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Jy mag nie vir jou 'n beeld of enige afbeelding maak van wat in die hemel daarbo of op die aarde hieronder of in die water onder die aarde is nie.
EKSODUS 20:4-5 Die Boodskap (DB)
Jy mag nie vir jou ’n beeld maak of iets in die skepping probeer naboots om dit te aanbid of daarvoor te offer nie. Jy mag nie beelde maak wat lyk soos enigiets wat in die lug daar bo is of soos iets hier op die aarde waarop jy bly of soos iets in die plekke in die water onder die aarde, om dit te vereer soos God nie. Ek verdra dit nie dat jy in ander gode glo nie. Ek reken met almal af wat die rug vir My draai, selfs met hulle kleinkinders en agterkleinkinders.