EKSODUS 20:25
EKSODUS 20:25 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer julle vir My 'n altaar van klippe maak, dan moet julle dit nie bou met klippe wat julle gekap het nie, want as julle die klippe kap, dan sal die altaar onrein wees.
EKSODUS 20:25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar as jy vir My 'n klipaltaar maak, mag jy dit nie bou van gekapte klip nie; want as jy jou ystergereedskap daaroor swaai, dan ontheilig jy dit.
EKSODUS 20:25 Afrikaans 1983 (AFR83)
“As julle 'n altaar van klip vir My wil oprig, mag julle dit nie van gekapte klip bou nie. Sodra julle met die beitel daaraan kap, sal julle dit ontwy.
EKSODUS 20:25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En as jy 'n altaar van klip vir My maak, mag jy dit nie bou met gekapte klip nie. As jy jou beitel daaroor beweeg, ontheilig jy dit.
EKSODUS 20:25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En as jy vir my 'n klipaltaar wil maak, mag jy dit nie van gekapte klip bou nie; want as jy jou werktuig daarop oplig, het jy dit ontheilig.