EKSODUS 2:24-25
EKSODUS 2:24-25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
God het gehoor hoe hulle roep. Hy het onthou dat Hy ’n verbond met Abraham, Isak en Jakob gesluit het en gesien wat met die Israeliete gebeur. Hy was bekommerd oor hulle.
EKSODUS 2:24-25 Bybel vir almal (ABA)
God het gehoor die Israeliete kla en Hy het gedink aan die verbond wat Hy met Abraham, Isak en Jakob gemaak het. God was jammer vir die Israeliete.
EKSODUS 2:24-25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En God het hulle gekerm gehoor, en God het gedink aan sy verbond met Abraham, met Isak en met Jakob. En God het die kinders van Israel aangesien, en God het hulle geken.
EKSODUS 2:24-25 Afrikaans 1983 (AFR83)
God het hulle gekerm gehoor en aan sy verbond met Abraham, Isak en Jakob gedink. Hy het die nood van die Israeliete gesien en dit ter harte geneem.
EKSODUS 2:24-25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
God het hulle gekreun gehoor, en God het gedink aan sy verbond met Abraham, met Isak en met Jakob. God het die Israeliete raakgesien, ja, God het kennis geneem.