EKSODUS 2:12
EKSODUS 2:12 Bybel vir almal (ABA)
Hy het rondgekyk en gesien daar is niemand wat hom sien nie. Toe slaan hy die Egiptenaar dood en hy steek die lyk weg in die sand.
EKSODUS 2:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hy het hierheen en daarheen gekyk, en toe hy sien dat daar niemand was nie, het hy die Egiptenaar doodgeslaan en hom in die sand begrawe.
EKSODUS 2:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nadat Moses rondgekyk het en niemand gewaar het nie, het hy die Egiptenaar doodgeslaan en hom onder sand toegekrap.
EKSODUS 2:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy het om hom rondgekyk, en toe hy sien dat daar niemand is nie, het hy die Egiptenaar doodgeslaan en hom met sand toegegooi.
EKSODUS 2:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het hierheen en daarheen gekyk, en toe hy sien dat daar niemand was nie, het hy die Egiptenaar gedood en hom in die sand weggesteek.