EKSODUS 2:1-2
EKSODUS 2:1-2 Bybel vir almal (ABA)
Daar was 'n man in Levi se familie. Hy het getrou met 'n vrou in dieselfde familie. Die vrou het swanger geword en sy het 'n seun gekry. Sy het gesien haar seuntjie is baie mooi en sy het hom drie maande lank weggesteek.
EKSODUS 2:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN 'n man uit die huis van Levi het gegaan en 'n dogter van Levi geneem. En die vrou het swanger geword en 'n seun gebaar. En toe sy sien dat hy mooi was, het sy hom drie maande lank weggesteek.
EKSODUS 2:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Man uit die stam Levi was met 'n Levitiese meisie getroud. Die vrou het swanger geword en 'n seuntjie in die wêreld gebring. Toe sy sien hoe mooi is hy, het sy hom drie maande lank weggesteek.
EKSODUS 2:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
'n Man uit die familie van Levi het gegaan en 'n dogter van Levi as vrou geneem. Die vrou het swanger geword en aan 'n seun geboorte gegee. Toe sy sien hoe mooi hy is, het sy hom vir drie maande weggesteek.
EKSODUS 2:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En daar het 'n man uit die huis van Levi gegaan en 'n dogter van Levi as vrou geneem. En die vrou het swanger geword en 'n seun gebaar; en toe sy hom sien dat hy 'n mooi kind was, het sy hom drie maande weggesteek.