EKSODUS 16:29
EKSODUS 16:29 Bybel vir almal (ABA)
Onthou, Ek het vir julle die Sabbatdag gegee. Daarom gee Ek vir julle op die sesde dag genoeg kos vir twee dae. Elkeen moet op die sewende dag bly waar hy is. Niemand mag dan weggaan van sy woonplek nie.”
EKSODUS 16:29 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kyk, omdat die HERE julle die sabbat gegee het, daarom gee Hy julle op die sesde dag brood vir twee dae. Laat elkeen bly waar hy is; laat niemand op die sewende dag van sy woonplek af weggaan nie.
EKSODUS 16:29 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek het vir julle die sabbat gegee en daarom gee Ek vir julle op die sesde dag genoeg kos vir twee dae. Elkeen moet bly waar hy is en niemand mag op die sewende dag sy woonplek verlaat nie.”
EKSODUS 16:29 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Julle moet insien dat die HERE vir julle die Sabbat gegee het – daarom gee Hy op die sesde dag twee dae se brood. Elkeen moet bly waar hy is; niemand mag op die sewende dag sy blyplek verlaat nie.”
EKSODUS 16:29 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Kyk, omdat die HERE julle die sabbat gegee het, daarom gee Hy julle op die sesde dag die brood van twee dae; Bly elkeen op sy plek, laat niemand op die sewende dag uit sy plek gaan nie.