EKSODUS 16:21
EKSODUS 16:21 Bybel vir almal (ABA)
Die Israeliete het elke oggend die manna opgetel, elkeen het genoeg opgetel om te eet, hy het nie méér opgetel nie. Wanneer dit later warm geword het, dan het die manna gesmelt wat hulle nie opgetel het nie.
EKSODUS 16:21 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hulle het dit môre vir môre ingesamel, elkeen na sy behoefte; en as die son warm word, smelt dit weg.
EKSODUS 16:21 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle het dit vroeg elke oggend bymekaargemaak, volgens elkeen se behoefte, maar net as die son begin bak, het dit weggesmelt.
EKSODUS 16:21 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle het dit elke oggend bymekaargemaak, elkeen soveel as wat hy kon eet; maar as die son warm word, het dit weggesmelt.
EKSODUS 16:21 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hulle het dit elke môre bymekaargemaak, elkeen volgens sy eet; en as die son warm word, het dit gesmelt.