EKSODUS 16:20
EKSODUS 16:20 Bybel vir almal (ABA)
Maar die Israeliete het nie geluister na Moses nie. Hulle het van die kos gelos tot die volgende oggend. Daar het toe wurms in die kos gekom, en die kos het sleg geword. Moses was baie kwaad vir hulle.
EKSODUS 16:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar hulle het nie na Moses geluister nie: sommige het daarvan laat oorbly tot die môre toe. Toe kom daar wurms in en dit bederwe. Daarom het Moses baie kwaad geword vir hulle.
EKSODUS 16:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar hulle het nie vir Moses geluister nie. Party het daarvan tot die volgende oggend laat oorstaan, maar daar het miet in gekom en dit het gestink. Moses was woedend oor wat hulle gedoen het.
EKSODUS 16:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar hulle het nie na Moses geluister nie. Party het daarvan oorgehou tot die volgende oggend, maar dit was vol maaiers en het gestink. Moses was woedend vir hulle.
EKSODUS 16:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar hulle het nie na Moses geluister nie; maar sommige van hulle het daarvan oorgebly tot die môre toe, en dit het wurms gekweek en gestink; en Moses was kwaad vir hulle.