EKSODUS 14:26
EKSODUS 14:26 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar die Here het vir Moses gesê: “Steek jou hand uit oor die see sodat die water oor die Egiptenaars, oor hulle strydwaens en bemanning kan stroom.”
EKSODUS 14:26 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE het toe vir Moses gesê: “Steek weer jou hand uit oor die see. Die water sal terugstroom oor die Egiptenaars, oor hulle oorlogwaens en hulle bemanning.”
EKSODUS 14:26 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sê toe vir Moses: “Hou jou hand weer oor die see. Dan sal die water terugkom oor die Egiptenaars, oor hulle oorlogkarre en oor die manne daarop.”
EKSODUS 14:26 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop sê die HERE vir Moses: Steek jou hand uit oor die see, dat die waters kan terugvloei oor die Egiptenaars, oor hulle strydwaens en oor hulle ruiters.
EKSODUS 14:26 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE het vir Moses gesê: “Strek jou hand uit oor die see, sodat die water terugstroom oor die Egiptenare, oor hulle strydwaens en die bemanning.”