EKSODUS 14:19
EKSODUS 14:19 Bybel vir almal (ABA)
Die Engel van die Here was altyd voor die Israeliete, maar Hy het nou agter hulle gaan staan.
EKSODUS 14:19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die Engel van God wat voor die leër van Israel uit getrek het, het daar weggegaan en agter hulle aan getrek. En die wolkkolom het ook voor hulle weggetrek en agter hulle gaan staan
EKSODUS 14:19 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Engel van God wat altyd voor die Israeliete uit beweeg het terwyl hulle getrek het, het nou agter hulle plek ingeneem. Ook die wolkkolom wat voor hulle was, het agter hulle ingeskuif
EKSODUS 14:19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die •Engel van God, wat die hele tyd voor die leër van Israel uit getrek het, het toe agter hulle in beweeg. Die wolkkolom het ook van voor hulle weggeskuif en agter hulle plek ingeneem.
EKSODUS 14:19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die engel van God wat voor die laer van Israel uitgetrek het, het weggetrek en agter hulle aan gegaan; en die wolkkolom het voor hulle aangesig weggetrek en agter hulle gaan staan.