EKSODUS 13:8
EKSODUS 13:8 Bybel vir almal (ABA)
Op hierdie dag moet julle vir julle kinders vertel: ‘Ons vier hierdie fees omdat die Here ons gehelp het toe ons weggegaan het uit Egipte.’
EKSODUS 13:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En jy moet jou seun op dié dag vertel en sê: Dit geskied ter wille van wat die HERE aan my gedoen het toe ek uit Egipte uitgetrek het.
EKSODUS 13:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Op die feesdag moet elkeen vir sy kinders vertel: ‘Dit is oor wat die Here vir my gedoen het toe ek uit Egipte getrek het.’
EKSODUS 13:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jy moet jou seun op daardie dag inlig en sê, ‘Dit is ter herdenking van wat die HERE vir my gedoen het toe ek uit Egipte getrek het.’
EKSODUS 13:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En jy moet jou seun op dié dag te kenne gee en sê: Dit is gedoen ter wille van wat die HERE aan my gedoen het toe ek uit Egipte uitgetrek het.