EKSODUS 13:12
EKSODUS 13:12 Bybel vir almal (ABA)
dan moet julle elke oudste seun wat gebore word in 'n familie, vir die Here gee. Julle moet ook die eerste manlike kleintjie van elke dier vir die Here gee. Hulle behoort almal aan die Here.
EKSODUS 13:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
dan moet jy alles wat die moederskoot open, aan die HERE afgee; ook elke eersteling, die aanteel van vee, wat jy sal hê — wat manlik is, behoort aan die HERE.
EKSODUS 13:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
moet julle elke manlike eersteling wat gebore word, aan die Here wy, en ook elke manlike eersteling van julle vee vir die Here afstaan.
EKSODUS 13:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
moet jy elke eersteling van die moederskoot aan die HERE afstaan. Elke eersteling van die aanteel van jou vee wat jy kry, die manlikes, behoort aan die HERE.
EKSODUS 13:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
dat jy vir die HERE moet afsonder alles wat die matriks oopmaak, en al die eersgeborenes wat kom van 'n dier wat jy het; die mannetjies sal aan die HERE behoort.