EKSODUS 10:22-23
EKSODUS 10:22-23 Bybel vir almal (ABA)
Moses het sy hand opgesteek in die lug, en toe word dit baie donker in die hele Egipte, drie dae lank. Die Egiptenaars kon mekaar nie sien nie, en drie dae lank moes almal bly waar hulle is. Maar daar was lig in al die Israeliete se woonplekke.
EKSODUS 10:22-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe Moses sy hand uitsteek na die hemel, kom daar 'n dik duisternis in die hele Egipteland, drie dae lank. Die een het die ander nie gesien nie, en niemand het van sy plek opgestaan nie, drie dae lank. Maar al die kinders van Israel het lig in hulle woonplekke gehad.
EKSODUS 10:22-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Moses het toe sy hand in die lug opgesteek, en drie dae lank was dit pikdonker oor die hele Egipte. Die mense kon mekaar nie sien nie en drie dae lank kon niemand iets uitrig nie, maar in al die woongebiede van die Israeliete was daar lig.
EKSODUS 10:22-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Moses het sy hand na die hemel uitgestrek, en drie dae lank was daar 'n diepe duisternis oor die hele Egipteland. Die mense kon mekaar nie sien nie, en drie dae lank het niemand van sy plek af opgestaan nie. Vir al die Israeliete was dit egter lig in hulle woonplekke.
EKSODUS 10:22-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Moses het sy hand na die hemel uitgesteek; en daar was 'n digte duisternis in die hele Egipteland drie dae lank. Hulle het mekaar nie gesien nie, en drie dae lank het niemand uit sy woonplek opgestaan nie, maar al die kinders van Israel het lig in hulle wonings gehad.
EKSODUS 10:22-23 Die Boodskap (DB)
Moses het sy hand boontoe uitgestrek. Dit het drie dae lank stikdonker geword oor die hele Egipte. Drie dae lank kon die Egiptenaars mekaar glad nie sien nie en nie een kon ’n voet versit nie. Waar die Israeliete gewoon het, was dit egter helder daglig.