EKSODUS 10:21-27
EKSODUS 10:21-27 Bybel vir almal (ABA)
Die Here het vir Moses gesê: “Steek jou hand op in die lug. Dan sal dit donker word in Egipte, pikdonker, sodat jy moet voel waar jy loop.” Moses het sy hand opgesteek in die lug, en toe word dit baie donker in die hele Egipte, drie dae lank. Die Egiptenaars kon mekaar nie sien nie, en drie dae lank moes almal bly waar hulle is. Maar daar was lig in al die Israeliete se woonplekke. Die farao het vir Moses geroep en gesê: “Julle mag die Here gaan dien. Julle vroue en kinders mag saam met julle gaan. Maar julle skape en bokke en julle beeste moet hier bly.” Moses het gesê: “Jy moet self vir ons offers en brand-offers gee om vir ons God die Here te offer. En ons diere moet ook saam met ons gaan. Daar mag nie een dier hier bly nie. Ons weet nog nie watter diere ons vir die Here moet offer nie. Ons sal dit weet nadat ons daar aangekom het.” Die Here het die farao hardkoppig gemaak. Hy wou nie die Israeliete laat gaan nie.
EKSODUS 10:21-27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
VERDER het die HERE vir Moses gesê: Steek jou hand na die hemel uit, en daar sal duisternis oor Egipteland kom, sodat 'n mens die duisternis kan gryp. Toe Moses sy hand uitsteek na die hemel, kom daar 'n dik duisternis in die hele Egipteland, drie dae lank. Die een het die ander nie gesien nie, en niemand het van sy plek opgestaan nie, drie dae lank. Maar al die kinders van Israel het lig in hulle woonplekke gehad. Toe het Farao Moses laat roep en gesê: Gaan heen, dien die HERE; net julle kleinvee en julle beeste moet agtergehou word. Selfs julle kinders kan met julle saamgaan. Maar Moses antwoord: U moet self ook slagoffers en brandoffers met ons saam gee, dat ons dit aan die HERE onse God kan aanbied. En ons vee moet ook met ons saamgaan: daar mag geen klou agterbly nie! Want daarvan moet ons neem om die HERE onse God te dien. En ons weet nie waarmee ons die HERE onse God sal dien voordat ons daar kom nie. Maar die HERE het Farao se hart verhard, en hy wou hulle nie laat trek nie.
EKSODUS 10:21-27 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarna het die Here vir Moses gesê: “Steek jou hand in die lug op, dan sal dit donker word in Egipte, so donker dat 'n mens dit kan voel.” Moses het toe sy hand in die lug opgesteek, en drie dae lank was dit pikdonker oor die hele Egipte. Die mense kon mekaar nie sien nie en drie dae lank kon niemand iets uitrig nie, maar in al die woongebiede van die Israeliete was daar lig. Toe laat die farao vir Moses roep en sê: “Gaan dien die Here! Julle vrouens en kinders kan saamgaan, maar julle kleinvee en julle grootvee moet hier agterbly.” Maar Moses sê: “U sal tog nie vir ons brandoffers en ander diereoffers gee om aan ons God, die Here, te bring nie! Daarom gaan ons vee beslis met ons saam. Daar bly nie 'n kloutjie agter nie. Ons moet van die vee gebruik om ons God, die Here, te dien en voordat ons daar aankom, weet ons nog nie met watter offer ons Hom sal dien nie.” Maar die Here het die farao weer koppig gemaak, sodat hy hulle nie wou laat gaan nie.
EKSODUS 10:21-27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die HERE het vir Moses gesê: “Strek jou hand uit na die hemel, sodat daar 'n duisternis oor Egipteland kom, 'n tasbare duisternis.” Moses het sy hand na die hemel uitgestrek, en drie dae lank was daar 'n diepe duisternis oor die hele Egipteland. Die mense kon mekaar nie sien nie, en drie dae lank het niemand van sy plek af opgestaan nie. Vir al die Israeliete was dit egter lig in hulle woonplekke. Die farao het Moses ontbied en gesê: “Gaan dien julle die HERE! Net julle kleinvee en grootvee moet agtergelaat word. Julle afhanklikes kan ook saam met julle gaan.” Maar Moses het geantwoord: “U moet dan ook vir ons slagoffers en •brandoffers saamgee, sodat ons vir die HERE ons God kan offer. Ons vee moet ook saam met ons gaan. Geen kloutjie mag agterbly nie, want ons moet van die vee neem om die HERE ons God mee te dien. Totdat ons daar aangekom het, weet ons egter self nie waarmee ons die HERE ons God moet dien nie.” Maar die HERE het die farao se hart verhard, en hy wou hulle nie laat gaan nie.
EKSODUS 10:21-27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe sê die HERE vir Moses: Steek jou hand uit na die hemel, dat daar duisternis oor Egipteland kan wees, ja, duisternis wat gevoel kan word. En Moses het sy hand na die hemel uitgesteek; en daar was 'n digte duisternis in die hele Egipteland drie dae lank. Hulle het mekaar nie gesien nie, en drie dae lank het niemand uit sy woonplek opgestaan nie, maar al die kinders van Israel het lig in hulle wonings gehad. Toe het Farao Moses geroep en gesê: Gaan dien die HERE; laat net julle kleinvee en julle beeste bly staan; laat julle kindertjies ook saam met julle gaan. Toe sê Moses: U moet ook vir ons slagoffers en brandoffers gee, dat ons aan die HERE onse God kan offer. Ook ons vee sal saam met ons gaan; daar mag geen klou agterbly nie; want daarvan moet ons neem om die HERE onse God te dien; en ons weet nie waarmee ons die HERE moet dien totdat ons daarheen gekom het nie. Maar die HERE het Farao se hart verhard, en hy het hulle nie laat gaan nie.
EKSODUS 10:21-27 Die Boodskap (DB)
Die Here het Moses beveel: “Hou jou hand na die hemel toe. Dit sal donker word oor Egipte. Dit sal so donker word dat ’n mens amper aan die donker sal kan vat.” Moses het sy hand boontoe uitgestrek. Dit het drie dae lank stikdonker geword oor die hele Egipte. Drie dae lank kon die Egiptenaars mekaar glad nie sien nie en nie een kon ’n voet versit nie. Waar die Israeliete gewoon het, was dit egter helder daglig. Die farao het toe vir Moses laat kom en vir hom gesê: “Loop tog en gaan bid tot die Here. Julle moet net julle kleinvee en beeste hier los. Selfs julle kinders kan saam met julle gaan.” Moses was vererg en het hom geantwoord: “Dan sal u maar self die diere moet verskaf vir die slagoffers en brandoffers wat ons vir die Here ons God moet bring. Ons diere moet saam met ons gaan. Daar mag niks agterbly nie. Ons moet uit ons eie diere vir die Here ons God offer. Boonop weet ons glad nie wat ons vir die Here sal moet offer voor ons eers daar aangekom het nie.” Die Here het die farao maar weer laat vassteek. Hy was glad nie bereid om hulle te laat gaan nie.
EKSODUS 10:21-27 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE het toe vir Moses gesê: “Steek jou hand in die lug op. Dit sal stikdonker word oor die hele Egipte. ’n Mens sal amper daaraan kan vat.” Moses het sy hand in die lug opgesteek. Dit was drie dae lank stikdonker in die hele Egipte. Vir drie dae lank kon die mense mekaar nie sien nie en nie ’n voet versit nie. Waar die Israeliete gebly het, was dit egter helder sonskyn. Die farao het Moses laat kom. “Loop en gaan aanbid die HERE,” het hy gesê. “Net julle beeste en skape moet hier bly. Julle vroue en kinders kan maar saam met julle gaan.” “U sal tog nie van u eie diere gee om vir die HERE ons God te offer nie,” het Moses geantwoord. “Al ons diere moet saam met ons gaan. Daar kan nie een agterbly nie. Uit hulle moet ons vir die HERE offers bring. Ons kan ook nie voor die tyd weet watter offers ons daar gaan nodig kry nie.” Die HERE het die farao maar weer hardkoppig gemaak. Hy het steeds nie ingestem om hulle te laat gaan nie.