EKSODUS 1:22
EKSODUS 1:22 Bybel vir almal (ABA)
Daarom het die farao vir al sy mense gesê: “Julle moet elke Hebreeuse seuntjie wat gebore word, in die Nyl-rivier gooi. Maar moenie die dogtertjies doodmaak nie.”
EKSODUS 1:22 Die Boodskap (DB)
Die farao het toe al die Egiptenaars beveel om alle pasgebore Israelitiese seuntjies in die Nyl te gooi. Hulle moes die dogtertjies egter laat bly lewe.
EKSODUS 1:22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe gee Farao aan sy hele volk bevel en sê: Al die seuns wat gebore word, moet julle in die Nyl werp, maar al die dogters kan julle laat lewe.
EKSODUS 1:22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarna het die farao sy hele volk beveel: “Julle moet elke pasgebore seuntjie in die Nyl gooi, maar spaar die dogtertjies se lewe.”
EKSODUS 1:22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die farao het toe sy hele volk beveel: “Al die seuns wat gebore word, moet julle in die Nyl gooi, maar al die dogters moet julle laat leef.”