EKSODUS 1:13-14
EKSODUS 1:13-14 Bybel vir almal (ABA)
en hulle nog harder laat werk. Hulle het die Israeliete baie swaar laat kry en hard laat werk. Die Israeliete moes stene maak van klei en hulle moes in die grond werk. Die Egiptenaars het hulle soos slawe laat werk. Hulle was nie jammer vir die Israeliete nie.
EKSODUS 1:13-14 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarom het die Egiptenaars die kinders van Israel met hardheid laat dien en hulle lewe verbitter deur swaar werk met klei en bakstene en deur allerhande werk in die landerye — al dié werk wat hulle met hardheid deur hulle laat verrig het.
EKSODUS 1:13-14 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die Egiptenaars het slawe gemaak van die Israeliete en die lewe vir hulle bitter gemaak deur swaar werk met klei en bakstene en deur allerhande werk in die lande. Hulle moes onder dwang al die slawewerk vir Egipte doen.
EKSODUS 1:13-14 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en hulle toe met geweld gedwing om te werk. Hulle het hulle lewens bitter gemaak deur die harde slawewerk met klei en bakstene, en ook nog deur allerhande werk op die landerye, ja, met al die werk wat die Egiptenare die Israeliete met geweld gedwing het om te doen.
EKSODUS 1:13-14 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En die Egiptenaars het die kinders van Israel met hardheid laat dien. En hulle het hulle lewe verbitter deur harde slawerny, in pleisterwerk en in baksteen en in allerhande dienswerk in die veld; al hulle diens waarin hulle hulle laat dien het, was met strengheid.
EKSODUS 1:13-14 Die Boodskap (DB)
Die Egiptenaars het die Israeliete hardhandig begin behandel en die lewe vir hulle bitter swaar gemaak. Hulle het die Israeliete gedwing om die swaar slawewerk te doen. Hulle moes klei uitgrawe en daarvan bakstene maak, bouklippe kap en op die landerye werk.