EKSODUS 1:12
EKSODUS 1:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar hoe meer hulle die Israeliete onderdruk het, hoe meer het die Israeliete vermeerder en hoe meer het hulle versprei. Die Egiptenare het vreesbevange geraak vir die Israeliete
EKSODUS 1:12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hoe swaarder die Egiptenaars hulle egter laat werk het, hoe vinniger het hulle meer geword en al verder uitgebrei. Die Egiptenaars het bang geword vir die Israeliete.
EKSODUS 1:12 Die Boodskap (DB)
Die plan het egter geboemerang. Hoe swaarder die farao hulle laat werk het, hoe meer het die Israeliete geword en op al meer plekke gaan bly. Dit het die Egiptenaars net al hoe banger vir die Israeliete laat word.
EKSODUS 1:12 Bybel vir almal (ABA)
Die Egiptenaars het die Israeliete verdruk, maar dit het nie gehelp nie. Die Israeliete het nog baie meer geword. Die Egiptenaars het die Israeliete gehaat
EKSODUS 1:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar hoe meer hulle verdruk is, hoe meer het hulle vermenigvuldig en hulle uitgebrei, sodat hulle bang geword het vir die kinders van Israel.
EKSODUS 1:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar hoe meer die Israeliete onderdruk is, hoe meer het hulle geword en hoe meer het hulle oor die land versprei, in so 'n mate dat die Egiptenaars baie bang geword het vir hulle.
EKSODUS 1:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar hoe meer hulle die Israeliete onderdruk het, hoe meer het die Israeliete vermeerder en hoe meer het hulle versprei. Die Egiptenare het vreesbevange geraak vir die Israeliete
EKSODUS 1:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar hoe meer hulle hulle verdruk het, hoe meer het hulle vermeerder en gegroei. En hulle was bedroef oor die kinders van Israel.