EKSODUS 1:10
EKSODUS 1:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Kom, laat ons 'n slim plan teen hulle beraam, sodat hulle nie kan vermeerder nie, en as ons in oorlog geraak, hulle ook nie by ons vyande aansluit en teen ons veg en uit die land optrek nie.
EKSODUS 1:10 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ons moet ’n plan maak om hulle getalle te beperk. As iemand teen ons oorlog maak, sal hulle by ons vyand aansluit. Hulle sal van oral in die land uit die land ontsnap.”
EKSODUS 1:10 Bybel vir almal (ABA)
Wanneer ons vyande oorlog maak teen ons, dan sal die Israeliete miskien saam met hulle veg teen ons en hulle sal ons land vat. Kom ons maak 'n plan, sodat hulle nie nog meer kan word nie.”
EKSODUS 1:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Kom ons bedink 'n plan teen hulle sodat hulle nie kan vermeerder nie. Anders kan dit gebeur dat as daar oorlog uitbreek, hulle dalk by ons vyand aansluit om teen ons te veg en ons land te oorweldig.”
EKSODUS 1:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Kom ons beraam 'n slim plan teen hulle, anders vermeerder hulle en kan dit gebeur dat, wanneer 'n oorlog uitbreek, ook hulle by ons vyande aansluit en teen ons veg en optrek uit die land. ”