Slaan direk na inhoud oor

ESTER 9:4 – Vergelyk alle weergawes

ESTER 9:4 AFR83 (Afrikaans 1983)

want hy het 'n hoë posisie aan die hof beklee. Dit het deur al die provinsies bekend geword dat hierdie Mordegai al hoe meer mag gekry het.

ESTER 9:4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Want Mórdegai was groot in die paleis van die koning, en sy gerug het deur al die provinsies gegaan, omdat die man Mórdegai al groter geword het.

ESTER 9:4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Mordegai het opgang gemaak in die koning se hofhouding. Hy het in al die provinsies bekend geword. Hy het al hoe groter mag gekry.

ESTER 9:4 DB (Die Boodskap)

Want Mordegai het alreeds ’n hoë posisie in die paleis beklee en het by die dag magtiger geword.

ESTER 9:4 ABA (Bybel vir almal)

Dit was omdat Mordegai die belangrikste amptenaar in die paleis geword het. Die mense in al die provinsies het geweet van hom. Mordegai het meer en meer belangrik geword.

ESTER 9:4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Mordegai het immers belangrik geword in die koninklike paleis en berigte oor hom het deur al die provinsies versprei. Ja, die man Mordegai het al hoe magtiger geword.

ESTER 9:4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Want Mórdegai was groot in die koning se huis, en sy roem het uitgegaan in al die provinsies, want hierdie man het Mórdegai al hoe groter geword.