Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

ESTER 9:3 – Vergelyk alle weergawes

ESTER 9:3 AFR83 (Afrikaans 1983)

Al die leiers in die provinsies, die verteenwoordigers van die koning, die goewerneurs en die ander in diens van die koning het die Jode gesteun omdat hulle bang was vir Mordegai

ESTER 9:3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En al die vorste van die provinsies en die landvoogde en die goewerneurs en die beamptes van die koning het die Jode ondersteun, want die skrik vir Mórdegai het op hulle geval.

ESTER 9:3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Al die leiers in die provinsies, die verteenwoordigers van die koning, die goewerneurs en die ander in diens van die koning, het die Jode gehelp omdat hulle bang was vir Mordegai.

ESTER 9:3 DB (Die Boodskap)

Om die waarheid te sê, al die bestuurders van die provinsies, die verteenwoordigers van die koning, die goewerneurs en die ander mense in die koning se diens het hulle eerder gehelp omdat hulle bang was vir Mordegai.

ESTER 9:3 ABA (Bybel vir almal)

Al die amptenare in die provinsies en die hoof-amptenare en die goewerneurs, almal wat vir die koning gewerk het, het vir die Judeërs gehelp, want hulle was bang vir Mordegai.

ESTER 9:3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Al die •hoë amptenare van die provinsies en die satrape, die •streekgoewerneurs en die amptenare wat die koning se sake hanteer, het die Jode gesteun, want vrees vir Mordegai het hulle oorval.

ESTER 9:3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En al die owerstes van die provinsies en die luitenante en die owerhede en die amptenare van die koning het die Jode gehelp; want die vrees van Mordegai het op hulle geval.