ESTER 7:9
ESTER 7:9 Bybel vir almal (ABA)
Garbona, een van die amptenare, sê toe: “Daar staan die paal by Haman se huis, hy het die paal vir Mordegai laat inplant. Die paal is 50 el hoog. Maar Mordegai is die man wat vir die koning gered het toe hy vertel het dat die amptenare die koning wil vermoor.” Die koning het gesê: “Julle moet vir Haman ophang aan die paal.”
ESTER 7:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daarop sê Harbóna, een van die hofdienaars voor die koning: Daar staan reeds die galg wat Haman laat maak het vir Mórdegai wat ten voordele van die koning gespreek het, by die huis van Haman, vyftig el hoog! Toe sê die koning: Hang hom daaraan op!
ESTER 7:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Garbona, een van die koning se paleisbeamptes, sê toe: “Daar is mos reeds by Haman se huis 'n galg van drie en twintig meter hoog wat hy laat oprig het vir Mordegai wat destyds in belang van die koning gepraat het.” Toe sê die koning: “Hang hom daaraan op!”
ESTER 7:9 Die Boodskap (DB)
Toe sê Garbona, een van die koning se paleisbeamptes: “Haman het mos al klaar ’n galg van 23 meter hoog by sy huis laat maak. Hy was van plan om vir Mordegai, die man wat die koning se lewe gered het, daaraan op te hang.” Toe sê die koning: “Hang hom daaraan op!”