ESTER 7:3
ESTER 7:3 Bybel vir almal (ABA)
Koningin Ester het geantwoord: “Koning, dit is wat ek vra en wat ek wil hê: As jy van my hou en as jy dit wil doen, dan vra ek dat ek en my volk mag aanhou lewe.
ESTER 7:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En koningin Ester antwoord en sê: As ek genade in u oë gevind het, o koning, en as die koning dit goedvind, laat my lewe my geskenk word op my bede en my volk op my versoek.
ESTER 7:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Koningin Ester antwoord toe: “As die koning my goedgesind is, en die koning dit goedvind, laat my en my volk toe om te bly lewe. Dit is my wens en my versoek.
ESTER 7:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Koningin Ester het geantwoord en gesê: “As ek guns vind in u oë, o koning, en as die koning dit goedvind, laat my lewe vir my gegee word, dit is my versoek; en die lewe van my volk, dit is my wens.
ESTER 7:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe antwoord koningin Ester en sê: As ek guns in u oë gevind het, o koning, en as dit die koning behaag, laat my lewe aan my gegee word op my versoek en my volk op my versoek.