ESTER 7:3 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
ESTER 7:3 AFR83 (Afrikaans 1983)
Koningin Ester antwoord toe: “As die koning my goedgesind is, en die koning dit goedvind, laat my en my volk toe om te bly lewe. Dit is my wens en my versoek.
ESTER 7:3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En koningin Ester antwoord en sê: As ek genade in u oë gevind het, o koning, en as die koning dit goedvind, laat my lewe my geskenk word op my bede en my volk op my versoek.
ESTER 7:3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Koningin Ester antwoord toe: “As U Majesteit my genadig wil wees, en as dit vir u reg is, dan vra ek u asseblief om my en my volk se lewens te spaar.
ESTER 7:3 DB (Die Boodskap)
Koningin Ester antwoord toe: “As dit vir die koning reg is, wil ek graag die volgende versoek rig: Laat my en my mense asseblief toe om te bly lewe.
ESTER 7:3 ABA (Bybel vir almal)
Koningin Ester het geantwoord: “Koning, dit is wat ek vra en wat ek wil hê: As jy van my hou en as jy dit wil doen, dan vra ek dat ek en my volk mag aanhou lewe.
ESTER 7:3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Koningin Ester het geantwoord en gesê: “As ek guns vind in u oë, o koning, en as die koning dit goedvind, laat my lewe vir my gegee word, dit is my versoek; en die lewe van my volk, dit is my wens.
ESTER 7:3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe antwoord koningin Ester en sê: As ek guns in u oë gevind het, o koning, en as dit die koning behaag, laat my lewe aan my gegee word op my versoek en my volk op my versoek.