ESTER 7:2 - Compare All Versions

ESTER 7:2 ABA (Bybel vir almal)

Terwyl hulle op die tweede dag wyn gedrink het, het die koning weer vir Ester gevra: “Koningin Ester, ek sal vir jou enige iets gee wat jy vra, ek sal doen wat jy wil hê, ook as jy die helfte van die lande vra waaroor ek regeer.”

ESTER 7:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

sê die koning aan Ester ook op die tweede dag, terwyl hulle wyn drink: Wat is jou bede, koningin Ester? — dit sal jou toegestaan word. En wat is jou versoek? Al was dit die helfte van die koninkryk — daaraan sal voldoen word.

ESTER 7:2 AFR83 (Afrikaans 1983)

Terwyl hulle by hierdie tweede geleentheid besig was om wyn te drink, vra die koning weer vir Ester: “Wat is dit wat jy wil vra? Dit sal vir jou gegee word. Wat is jou versoek? Al is dit ook die helfte van die koninkryk, dit sal toegestaan word.”

ESTER 7:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Terwyl hulle op die tweede dag van die feesmaal wyn gedrink het, het die koning weer vir Ester gevra: “Wat is jou versoek, koningin Ester? Wat jou versoek ook al is, dit sal vir jou gegee word. En wat jou wens ook al is, al is dit die helfte van my koninkryk, dit sal toegestaan word.”

ESTER 7:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Toe sê die koning weer vir Ester op die tweede dag by die wynmaaltyd: Wat is jou bede, koningin Ester? en wat is jou versoek? en dit sal uitgevoer word tot die helfte van die koninkryk.

ESTER 7:1-2 DB (Die Boodskap)

Die koning en Haman het toe by Ester gaan eet. Terwyl hulle besig was om wyn te drink, het die koning weer vir haar gevra: “Koningin Ester, wat is dit wat jy van my wil hê? Sê vir my en ek sal dit vir jou gee, selfs al is dit die helfte van my koninkryk.”

ESTER 7:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Terwyl hulle besig was om op die tweede dag wyn te drink, vra die koning weer vir Ester: “Wat is jou versoek, koningin Ester? Ek sal dit vir jou gee. Jy kan kry net wat jy wil hê, al is dit ook die helfte van my koninkryk.”