ESTER 7:10 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

ESTER 7:10 AFR83 (Afrikaans 1983)

Hulle het Haman toe opgehang aan die galg wat hy vir Mordegai laat bou het. Daarna het die woede van die koning bedaar.

ESTER 7:10 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En hulle het Haman opgehang aan die galg wat hy vir Mórdegai opgerig het, en die woede van die koning het bedaar.

ESTER 7:10 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hulle het Haman toe opgehang aan die paal wat hy vir Mordegai laat oprig het. Die koning se woede het toe afgekoel.

ESTER 7:10 DB (Die Boodskap)

Hulle het Haman toe aan die galg opgehang wat hy vir Mordegai laat bou het. Daarna het die koning se bui bedaar.

ESTER 7:10 ABA (Bybel vir almal)

Hulle het vir Haman opgehang aan die paal wat hy laat inplant het om vir Mordegai op te hang. Die koning was toe tevrede.

ESTER 7:10 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hulle het Haman toe gehang aan die paal wat hy vir Mordegai voorberei het. Daarna het die woede van die koning bedaar.

ESTER 7:10 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Hulle het Haman toe opgehang aan die galg wat hy vir Mordegai voorberei het. Toe is die koning se toorn tot bedaring gekom.