ESTER 6:6
ESTER 6:6 Bybel vir almal (ABA)
Toe Haman inkom, vra die koning vir hom: “Haman, wat dink jy moet ons doen vir iemand wanneer die koning vir hom wil wys dat hy belangrik is?” Haman het gedink: Vir wie wil die koning wys dat hy belangrik is? Ek is seker dit is ek.
ESTER 6:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Nadat Haman ingekom het, vra die koning hom: Wat moet met die man gedoen word aan wie die koning eer wil bewys? Haman dink toe by homself: Aan wie sou die koning eer wil bewys meer as aan my?
ESTER 6:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Haman het binnegekom en die koning het hom gevra: “Wat moet gedoen word met iemand aan wie die koning baie graag eer wil bewys?” Haman het gedink: aan wie anders as aan my sou die koning eer wou bewys?
ESTER 6:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Haman binnekom, het die koning hom gevra: “Wat moet gedoen word met iemand aan wie die koning graag eer wil betoon?” Haman het in sy hart gesê: “Aan wie anders as aan my sou die koning graag eer wil betoon?”
ESTER 6:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe Haman ingekom het, het die koning vir hom gesê: Wat moet met die man gedoen word vir wie die koning graag eer? En Haman het in sy hart gedink: Aan wie sou die koning meer behae hê om eer te bewys as aan myself?