ESTER 6:6 - Compare All Versions

ESTER 6:6 ABA (Bybel vir almal)

Toe Haman inkom, vra die koning vir hom: “Haman, wat dink jy moet ons doen vir iemand wanneer die koning vir hom wil wys dat hy belangrik is?” Haman het gedink: Vir wie wil die koning wys dat hy belangrik is? Ek is seker dit is ek.

ESTER 6:6 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Nadat Haman ingekom het, vra die koning hom: Wat moet met die man gedoen word aan wie die koning eer wil bewys? Haman dink toe by homself: Aan wie sou die koning eer wil bewys meer as aan my?

ESTER 6:6 AFR83 (Afrikaans 1983)

Haman het binnegekom en die koning het hom gevra: “Wat moet gedoen word met iemand aan wie die koning baie graag eer wil bewys?” Haman het gedink: aan wie anders as aan my sou die koning eer wou bewys?

ESTER 6:6 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Toe Haman binnekom, het die koning hom gevra: “Wat moet gedoen word met iemand aan wie die koning graag eer wil betoon?” Haman het in sy hart gesê: “Aan wie anders as aan my sou die koning graag eer wil betoon?”

ESTER 6:6 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Toe Haman ingekom het, het die koning vir hom gesê: Wat moet met die man gedoen word vir wie die koning graag eer? En Haman het in sy hart gedink: Aan wie sou die koning meer behae hê om eer te bewys as aan myself?

ESTER 6:6 DB (Die Boodskap)

Nadat Haman ingekom het, vra die koning vir hom: “Daar is iemand wat ek wil vereer. Wat moet ek vir hierdie man doen?” Haman dink toe so by homself: “Aan wie anders as aan my sou die koning eer wou bewys?”

ESTER 6:6 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Toe Haman inkom, vra die koning vir hom: “Wat dink jy moet gedoen word vir iemand wat die koning graag wil vereer?” Haman het by homself gedink: “Vir wie anders sou die koning eerder wil vereer as vir my?”