Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

ESTER 4:2 – Vergelyk alle weergawes

ESTER 4:2 AFR83 (Afrikaans 1983)

So het hy tot by die poort van die paleis gegaan. Niemand kon met rouklere aan by die poort ingaan nie.

ESTER 4:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

So het hy dan tot voor die poort van die koning gekom; want niemand het met 'n roukleed aan by die poort van die koning mag ingaan nie.

ESTER 4:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hy het voor die ingang van die paleis gaan staan. Iemand met rouklere aan was nie toegelaat om deur die hek in te gaan nie.

ESTER 4:2 DB (Die Boodskap)

tot by die ingang van die paleis. Daar het hy bly staan, want volgens die reël kon niemand met begrafnisklere aan daar ingaan nie.

ESTER 4:2 ABA (Bybel vir almal)

Hy het gegaan tot voor die paleis van die koning, want mense mag nie in die paleis ingegaan het wanneer hulle rouklere gedra het nie.

ESTER 4:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hy het tot net voor die koningspoort gekom, want niemand met 'n roukleed aan kon by die poort ingaan nie.

ESTER 4:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En hy het selfs voor die poort van die koning gekom, want niemand mag in die poort van die koning ingaan met rouklere nie.