ESTER 4:11
ESTER 4:11 Bybel vir almal (ABA)
“Al die koning se mense en almal in die provinsies van die koning weet dat enige iemand, 'n man of 'n vrou, net na die koning toe mag gaan op die oop stuk grond binne-in die paleis wanneer die koning hom laat roep. As iemand na die koning toe gaan maar die koning het hom nie geroep nie, dan is daar een wet vir almal: Daardie persoon moet sterf. Hy sal net aanhou lewe as die koning sy goue septer na hom toe uitsteek. Die koning het my nog nie laat roep nie, en vandag is 30 dae klaar verby.”
ESTER 4:11 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Al die dienaars van die koning en die volk van die provinsies van die koning weet dat vir elke man of vrou wat na die koning in die binneste voorhof ingaan, sonder dat hy geroep is, een en dieselfde wet geld: hy moet gedood word; behalwe wanneer die koning sy goue septer na hom uitsteek, dat hy mag lewe; en ek is nou al dertig dae lank nie geroep om by die koning in te kom nie.
ESTER 4:11 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Al die amptenare van die koning en die mense in die provinsies van die koning weet dat daar net een wet is vir enigeen, man of vrou, wat na die koning toe in die binneste voorhof gaan as hy nie ontbied is nie: hy word sonder meer doodgemaak. Die enigste uitsondering is dat die koning sy goue septer na so 'n persoon toe uitsteek; dan bly hy lewe. En dit is nou al dertig dae dat ek nie na die koning toe ontbied is nie.”
ESTER 4:11 Die Boodskap (DB)
“Almal weet tog dat daar ’n wet is wat bepaal dat as iemand ongenooid na die koning toe gaan, daardie persoon doodgemaak moet word. Al wanneer jy na die koning toe mag gaan, is wanneer hy sy goue septer na jou toe uitsteek as ’n teken dat hy jou roep. Wat my betref, het die koning my in elk geval ’n maand laas na hom toe laat kom.”
ESTER 4:11 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Elke amptenaar van die koning en die volke in die provinsies van die koning weet dat enige man of vrou wat na die koning toe gaan as hulle nie ontbied is nie, volgens voorskrif net daar doodgemaak word, tensy die koning sy goue septer na so ’n persoon toe uitsteek. Dit is nou al 30 dae sedert die koning my laas laat kom het.”