ESTER 3:15 - Compare All Versions

ESTER 3:15 ABA (Bybel vir almal)

Die koning het gesê die boodskappers moet gou maak, en hulle het dit gedoen. Toe die mense in die stad Susan hoor wat die koning besluit het, was hulle baie geskok en ontsteld. Maar die koning en Haman het gaan sit en hulle het wyn gedrink.

ESTER 3:15 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Die hardlopers het haastig op bevel van die koning uitgegaan, en die wet is in die vesting Susan uitgevaardig terwyl die koning en Haman sit en drink; maar die stad Susan was in verwarring.

ESTER 3:15 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die boodskappers het toe haastig vertrek ooreenkomstig die koninklike bevel. Die proklamasie is uitgevaardig in die vestingstad Susan. Die koning en Haman het toe gaan sit en drink, maar die stad self was in beroering.

ESTER 3:15 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die boodskappers het op bevel van die koning haastig vertrek. Die wet is uitgevaardig in die vestingstad Susan. Die koning en Haman het gaan sit om te drink, maar die stad Susan was in beroering.

ESTER 3:15 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Die pale het uitgegaan, deur die bevel van die koning verhaas, en die bevel is in die paleis Susan gegee. En die koning en Haman het gaan sit om te drink; maar die stad Susan was verward.

ESTER 3:15 DB (Die Boodskap)

Op die koning se bevel is die brief in die hoofstad, Susan, gelees. Daarna is die boodskappers haastig met die briewe weg na die provinsies toe. Die koning en Haman het dit toe met ’n drankie gaan vier, maar die stad self was verbaas en verward hieroor.

ESTER 3:15 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Boodskappers het haastig met die koninklike bevel vertrek. Ook in die vestingstad Susan is die proklamasie afgekondig. Die koning en Haman het toe gaan sit om te drink. In die stad Susan was daar groot beroering.